Excerpt for Armand word afgepers - Volume 1 by , available in its entirety at Smashwords

This page may contain adult content. If you are under age 18, or you arrived by accident, please do not read further.









ARMAND WORD AFGEPERS.



Volume 1







PETRUS JORDAAN

MMV Volwasse Leesgenot








Alle regte van hierdie publikasie voorbehou. Die publikasie in sy geheel of enige gedeelte daarvan mag nie gereproduseer word in enige vorm of op enige manier gestoor word, elektronies, meganies, of per fotostaat, opnames of andersins, sonder die uitsluitlike vooraf toestemming van die skrywer of sy uitgewers nie.


Hierdie leesstof is vir volwasse privaat gebuik en verwys geensins na enige ware karakters of plekke nie.


Jy moet 18 jaar en ouer wees om dit te lees.



© Petrus Jordaan 2017 en Ulterior Eye Publishing(PTY)LTD

Omslag ontwerp deur: Melizandrè Celine



Armand word afgepers

Volume 1







Armand se oë is op skrefies wanneer hy teen die son kyk terwyl hy vir Bella waai. Sy beweeg in trurat by die erf uit en ry sonder om eers om te kyk. Dit is al haar vierde besigheid konferensie in 4 maande wat sy saam met haar baas moet bywoon. Bella is die groeps bestuurder van haar maatskappy vir die laaste 6 maande. Haar bevordering het op ‘n moeilike tyd in hulle huwelik gekom maar Armand het besef dat Bella ook hard werk om iewers te kom in die lewe en dit vir haar gegun met al die liefde in sy hart.

Armand se emosies speel met hom maar hy besef dat haar reise hom nie regtig pla nie. In werklikheid voel hy half verlig. Wanneer hy alleen is kan hy sy gedagtes laat gaan sonder om oor sy huwelik te stress.

Hy weet dat Bella nie omkyk nie maar gee in elk geval ‘n finale groet voor hy omdraai om terug huis toe te loop. Die bure se jong skraal seun, Duncan, is besig om gras te sny. Armand sien hoe die seun hom so onderlangs dophou maar nie besef dat hy opgehou het om te sny nie. Duncan staar nou openlik terwyl Armand vinnig die paar trappe opdraf. Hy is fiks en oefen elke dag by die gym in sy motorhuis nadat hy 5 kilometer gaan draf het.

Vir ‘n man van 34 lyk Armand 10 jaar jonger en sy maag is so plat soos ‘n outydse was plaat. Sy golf hemp en stywe jean sit lyfpas aan hom en wys sy liggaam baie mooi.

Hy kyk om en staar reg binne Duncan se oë vas.

Armand lag saggies en waai vir hom. Die jong seun bloos duidelik en maak skielik of hy baie besig is met die grassnyer voor hom. Hy loer weer onderlangs voor Armand omdraai en die huis inloop.

Dit is ‘n lekker gevoel wanneer ander mense jou liggaam bewonder en hy wens dat sy vrou nog dieselfde kan voel. Vandat sy haar bevordering gekry het verdien sy ook meer geld as hy en dit laat hom baie sleg voel. Sy laat hom ook duidelik verstaan dat sy eintlik nou die broodwinner is in die huis.

Hulle sekslewe bestaan omtrent nie meer nie. Armand kan nie eers onthou wanneer laas hulle seks gehad het nie. Die laaste keer het sy glad nie eers saamgespeel nie. Dit het vir hom gevoel of hy ‘n plastiekpop spiker en hy het in die middel van alles opgehou en sy rug op haar gedraai. Bella het sonder ‘n word opgestaan en op die kamer se stoepie gaan rook. Dit het geklink of sy op haar foon besig was maar Armand was so afgepis dat hy nie gepla was of sy ‘n manlike hoer bel nie.

Ingedagte loop hy kombuis toe en skakel die perkoleerder aan. Hy is nie gepla dat Bella so baie wegwerk nie maar hy vermoed dat iets aan die gang is agter sy rug. Die snaakste van alles is dat dit hom ook nie pla nie. Wie se skuld is dit? Hulle is nou al 10 jaar getroud en het te vroeg getrou.

Bella! As jy maar net weet ek alles gedoen het om daai duur ring om jou vinger te kan sit en die huis se deposito te betaal sal jy dalk twee keer dink skat!

Hulle het genoeg geld en hoef niemand in die oë te kyk vir iets nie. Hulle lewenstyl is ook bo-gemiddeld. Wat wel pla is dat Bella se maatskappy baie goed doen met die swak ekonomie terwyl Armand dalk binnekort sonder werk gaan sit. Dit kan dalk veroorsaak dat die huwelik heeltemal verbrokkel.

Bella leef al hoe meer en meer in haar werk en kom soms laataande by die huis terwyl Armand dan maar kosmaak en homself probeer besig hou met allerhande klein werkies.


Purchase this book or download sample versions for your ebook reader.
(Pages 1-3 show above.)